Local news

Sakevroue se eerste gholfdag ‘n sukses

Die mooimaak van die tehuis se alzheimer-afdeling sal binnekort begin.

Die Oos-Rand Sakevroue se gholdag te ERPM op 28 September ten bate van SAVF Huis Dien Bothma het met groot sukses afgeloop.

Volgens Karen Herbst, voorsitter van die Oos-Rand Sakevroue, was die doel van die dag om fondse in te samel vir Huis Dien Bothma se Alzheimers-afdeling.

“Dis dit ‘n ouetehuis in ons omgewing en ons het die behoefte gehad om hulle te help met fondse.

“Die hoogtepunte van die geleentheis sluit in almal se positiewe gesindheid om van die dag ‘n groot sukses te maak en die gaste wie gewillig was om geld te spandeer vir ‘n goeie doel. ERPM se personeel was ook baie hulpvaardig. Herbst het die geleentheid as ‘n reuse sukses beskryf.

“Ons was baie tevrede met die uitkoms. Daar was 94 mense, waarvan 56 gholfspelers was,” het sy bygevoeg.

Die verbetering aan Huis Dien Bothma se Alzheimers-afdeling sal binnekort afskop. Die ingesamelde bedrag sal dan bekend gemaak word.

Tiekie Mertens, bestuurder van die tehuis het haar dankbaarheid uitgespreek teenoor die Sakevroue se barmhartige gebaar.

“Ons harte loop oor. Dankie aan ‘n ieder en elk wat ‘n bydrae gemaak het en na ons fasiliteit uitgereik het. Dit is ‘n besonderse voorreg dat julle gekies het om ons fasiliteit se Alzheimer-eenheid mooi te maak.”

Also Read: Sakevroue leer oor vrees

Also Read: Golf day to help organisation to continue with charity work

   

Related Articles

Back to top button