Local news

Parkrand paar vier goue huiweliksherdenking

Paatjie vier goue bruilof, gesondheid en genade

Omring deur volgroeide bome wat sowat 40 jaar terug in hul Parkrand-oasis geplant is, onthou Daat en Willa Oosthuizen die menigte doen-dit-self projekte wat hul aangedurf het om hul tuiste in ‘n huis te omskep.

Die paar, wat beide in Primrose, Germiston, groot geword het is op 2 September, 1972 getroud.

Kort daarna het hulle na Boksburg verhuis waar hulle hul stuk grond in dié ontwikkelende voorstad gekoop het.
“Ek het Willa ontmoet toe sy nog op skool was. Ek en haar broer was goeie vriende,” het Daat gesê.

“Ek is toe weg om my diensplig uit te voer, maar toe ek terug kom is my vriend se kleinsus omskep in ‘n pragtige blonde dame, ek kon nie dat sy deur my vingers glip nie.”

Kort na die bou van hul huis het die twee veskillende opknappingsprojekte aangedurf.

“Ons het bakstene aangedra, ‘n swembad gegrou en selfs die hele kombuis omskep. Saam het ons die werk aangepak en voltooi,” het Willa gesê.

“Ons het bloed gesweet en soms gehuil, maar elke takie is saam voltooi en dit is lekker om te kan terug staan en sê ons het dit met ons eie hande bereik.”

Beide die paar se dogters is vanuit die huis getroud en kort voor lank het die trippe-trappe-tone van vier pienkvoete weer deur die gang gegons.

“Ons is geseën met drie kleinseuns en een kleindogter, ons eie sonneblom,” sê Daat.

“Met ouderdom kom kalmte, nou blajaar die seuns op die motorhuis dak en klouter soos walghasie in die bome, wat ons al daardie jare terug geplant het, met die hoop dat ons hul skadu kan geniet.”

Lees Ook: Plaaslike paartjie vier 60 jaar van ’n gelukkige huwelik

Lees Ook: Maestro with the brush turns 75 years

   

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button