Local newsNews

VLU maak harte hoop teenoor Boksburg DBV

Die VLU is ’n organisasie wat die volwasse vrou verryk en bemagtig.

Die Vrou Landbou-Unie (VLU) Boksburg-tak het op 4 Mei te NG Kerk Boksburg, bekend as die Klipkerk, tydens ‘n algemene maandvergadering hul harte oopgemaak teenoor die Boksburg DBV.

Tydens die geleentheid het die vroue sakke kos vir honde en katte aan die plaaslike DBV oorhandig. Hulle het ook ‘n kombers geskenk wat ‘n dier warm gaan hou in die winter.

Alta Prinsloo, voorsitter van die plaaslike tak, het verduidelik dat hul skenking gemaak het omdat dierebeskerming hierdie jaar ‘n VLU-projek is.

Willie du Plessis, voorsitter van die Boksburg DBV se bestuurskomitee, was hierdie maand die gasspreker.

Hy het vir die gaste meer vertel oor die werk wat die Boksburg DBV in die gemeenskap doen en hy al die vroue se vrae beantwoord.

Du Plessis het ook die Boksburg VLU bedank vir die donasie.

“Ons waardeer dat organisasies soos die VLU om dierebeskerming deel van hul projek te maak. Ons sal dit ook waardeer as ander organisasies dieselfde doen. Ons sal enige tyd meer verduidelik oor wat ons doen sodat almal weet hoe dierewelsyn werk,” het hy vertel.

Prinsloo moedig die publiek aan om betrokke te raak by die tak.

“Die Boksburg-tak is altyd op soek na nuwe lede. Enige persoon, oud en jonk, is welkom om by ons aan te sluit,” het Prinsloo bygevoeg.

Die VLU bestaan al vir 90 jaar en is ’n nie-winsgewende organisasie wat die volwasse vroue verryk en bemagtig.
Hulle glo in bemagtiging deur vaardighede en kennis met mekaar te deel.

Die Boksburg VLU kom elke eerste Woensdag van die maand om 10:00 by die Klipkerk bymekaar.

Kontak Prinsloo by 082 612 0844 vir meer inligting en navrae.

Also Read: Sluit aan by die Boksburg VLU

Also Read: VLU vereer Anna vir 40-jaar diens

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button