Local newsNews

Matrikulant van EG Jansen sterf

Die gemeenskap is in rou gedompel na die afsterwe van Jaydon Ungerer, ‘n matrikulant van Hoërskool Dr EG Jansen, op 1 Mei.

Jaydon se broer, Chad, het gesê hy onthou sy boetie as ‘n hardwerkende en goeie mens.

“My broer het baie mense se lewens aangeraak en gevul. Hy was ook ‘n goeie vriend en het goed gedoen op skool. Akademie was vir hom belangrik.

“Hy het ‘n passie gehad vir meganiese werk. Ek is ‘n motorwerktuigkundige en hy het my gereeld gehelp by die werk sodat hy ervaring kan opbou sodat hy sy doelwitte kan bereik. Hy wou graag eendag aan vragmotors werk,” het Chad verduidelik.

Jaydon se afsterwe laat ‘n groot leemte en sy familie is steeds besig om die verlies te verwerk.

“Dit is nie vir ons maklik nie. Dit is moeilik om ‘n boetie in die huis te verloor. Sy plek is nou leeg,” het hy bygevoeg.

Chad het verduidelik dat die familie nie op hierdie stadium meer inligting kan verskaf nie.

Jaydon laat sy boetie, ma, ouma en oupa agter.

Besonderhede rondom Jaydon se roudiens is in hierdie stadium nog nie bekend nie.

Hoërskool Dr EG Jansen het op sy Facebook-blad aangekondig dat hul met hartseer vermeem van Jaydon se afsterwe.

“Daar bestaan geen woorde of menslike dade wat die hartseer van die afsterwe van ‘n kind kan verlig nie. Tog wil ons u verseker dat ons gebede en gedagtes die familie en vriende van Jaydon in hierdie tyd vergesel.

“Mag die genade, wysheid en liefde hulle deur hierdie moeilike tyd in hul lewens dra. Rus sag Jaydon,” lui die inskrywing.

Intussen het medelye vir die matrikulant ingestroom op EG Jansen se Facebook-blad.

Gustav Bester: Dit voel so onwerklik. Jaydon was so goeie en liefdevolle kleinseun.
Jaqueline Cronje: So hartseer! So jonk, sterkte aan familie.
Louise Rautenbach: My innige meegevoel aan sy ouers, boetie Chad en oupa en ouma. Ek sien nog sy gesiggie voor my laaste periode Vrydag in die Wetenskap klas. Jou plekkie is leeg Jaydon.
Annalien Sanders: Jou vriendelikheid en goeie mens soos ek jou geken het is n groot leemte. RIV.
Andre van Wyk: Op hierdie tydstip glo ek nie daar is enige woorde wat die pyn en hartseer kan minder maak. Ons bid dat God die jong man se familie en vriende sal bystaan in hierdie tyd van beproewing. Julle is in ons almal se gebede.
Anneke Britz: So pragtige jongman. Nou deel van die engel familie. Sterkte aan sy familie.

Lees Ook: Matrikulant van Oosterlig verloor stryd teen lupus

Lees Ook: Oosterlig rou na matrikulant van 2020 sterf

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button