Local newsNews

Skenk weer bloed by Laerskool Concordia

Aangesien daar altyd 'n aanvraag is na bloed, word die publiek aangemoedig om die projek te ondersteun.

Laerskool Concordia nooi die publiek uit om hulle moue op te rol en bloed te kom skenk by die skool op 4 Mei.

Die skool is te Rietfonteinweg 9 geleë en die span van SANBD sal van 08:00 tot 16:00 gereed wees om skenkers by te staan.

“Ons wil graag die SANBD help om bloed in te samel en ons moedig ouers en lede van die publiek aan om die inisiatief sal ondersteun,” het Ronel Steenkamp, projekorganiseerder, voorheen gesê.

Weens die pandemie kon die laerskool sedert 2020 nie ’n groot bloedskenkdag hou nie, dus samel hul nou op ’n tweemaandelikse basis bloed in. Concordia het onlangs hande gevat met sy buurskool, Hoërskool Dr EG Jansen. Die skole hou nou maandeliks om die beurt bloedskenkdae.

Om bloed te kan skenk moet jy:
• Tussen die ouderdom van 16 tot 75 wees.
• Jy moet 50kg of meer weeg.
• Jou gesondheid moet in ’n goeie toestand wees.
• Jou tattoes moet ouer as drie maande wees.
• Jy moet ’n gesonde leefstyl hê.
• Jou bloed moet geskik wees vir oortapping aan ’n ander pasiënt.
• Jy moet toegewyd wees om gereeld bloed te skenk.

Lees Ook: Local schools hold blood drives for SANBS

Lees Ook: Laerskool Concordia red steeds lewens met bloedskenk-projek

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button