EntertainmentLifestyle

Plaaslike musikant blink uit by Afri-Indie Onafhanklike Kunstenaartoekennings

Die doel van die toekennings is om erkenning te gee aan onafhanklike kunstenaars.

Impala Park sangeres Luané-Anél van Staden (15), oftewel Lu-Anél, het uitgeblink by die Afri-Indie Onafhanklike Kunstenaartoekennings wat onlangs te AfriForum Teater in Menlopark plaasgevind het.

Lu-Anél is die wenner van elke kategorie waarvoor sy by Afri-Indie genomineer is.

Die jong kunstenaar het ’n nominasie ontvang in die volgende kategorieë:
• ‘Best child artist’
• ‘Best kids album’ vir haar CD Moedershart, vervaardig deur Ernie Bates.
• ‘Best kids single’ vir haar oorspronklike liedjie, Perfek vir my.

Lu-Anél het voorheen verduidelik dat die doel van die toekennings is om erkenning te gee aan onafhanklike kunstenaars. Talle ander kunstenaars, wat bekendes soos Rudi Claase insluit, was ook genomineer.

Die sangeres het vertel sy is verras oor die toekennings en dat sy dit nie verwag het om te wen nie.

“Daar was baie groot name in die Suid-Afrikanse musiekbedryf genomineer. Dit was ongelooflik om met soveel bekendes kennis te maak die aand,” het sy bygevoeg.

Verder het die sangeres se ma, Anina, verduidelik dat Lu-Anél met twee van haar oorspronklike liedjies, Perfek vir my en Drome, geskiedenis gemaak op Bosveld Stereo.

Sy is die jongste kunstenaar ooit om op die top 20 ’n nommer een plek te behaal en het in die laaste jaar dit vier keer reggekry. Die sangeres is ook einde verlede jaar aangewys een van as die top drie gewildste kunstenaars vir die jaar by hulle.

Also Read: Lu-Anél genomineer vir gesogte toekennings

Also Read: Sangeres Lu-Anél bereik nuwe hoogtes

   

Related Articles

Back to top button