Local newsNews

Voortrekkers geniet kamp

Die Susan Badenhorst Kommando het ’n 24-uur kamp vir sy jeuglede te NG Kerk Witfield aangebied op 18 en 19 Februarie.

Kommandoleier Gerhard Marais het die geleentheid, wat deur ongeveer 60 kinders en 15 volwassenes bygewoon is, as ’n sukses beskryf.

“Die aand het begin met vermaak toe Louwrens Gouws, ’n opkomende gaskunstenaar, die kinders vermaak het met sy sang, dans en kitaar. Kinders het heerlik om die kampvuur gesing en dans.

“Dit terwyl die nuwe offisiere wat onlangs by die kommando aangesluit het besig was met hulle intreekursus. Die kursus handel oor die basiese beginsels en strukture van die Voortrekkers en is een van vele volwasse kursusse wat aangebied word om seker te maak dat ons jeug net die beste ontvang uit hulle tyd by ons,” het Marais verduidelik.

Die aand is afgesluit met ’n ete, Godsdiens en film in die kerksaal.

“Saterdagoggend is almal weer vroeg uit die vere, want ons het die geleentheid gehad om ’n kentekendag aan te bied vir ons kinders en omliggende kommando’s.

“Die volgende kentekens was aangebied: Ek weet, Kuiertyd, Volkspele, Noodhulp, Persoonlike Versorging en Kerkjaar.”

Marais het bygevoeg die kinders was opgewonde om hulle sertifikate en kentekens te verwerf aan die einde van die dag.

Offisiere van Susan Badenhorst Kommando nooi graag enige persoon uit om hulle kinders by die kultuur organisasie in te skryf.

Die kommando kom om Maandae by die NG Kerk Witfield, bymekaar vanaf 17:15 tot 18:15.

Vir meer inligting, stuur ’n WhatsApp-boodskap na 083 293 1107.

Lees Ook: Voortrekkers skop jaar af met waatlemoenfees

Lees Ook: Susan Badenhorst Voortrekker Kommando vier 42ste verjaarsdag in styl

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button