Local sportSport

Boksburg Rugbyklub weer terug op die veld

Die klub nooi alle toeskouers om die dag saam ons te kom geniet by die klub. Alle Covid-regulasies geld.

Die Boksburg Rugbyklub maak gereed vir hul eerste vriendskaplike wedstryd teen Germiston Simmers wat hulle op 12 Februarie te Prince George Park (PGP) gaan uitspook.

Dit sal die eerste wedstryd wees wat die twee klubs teen mekaar speel sedert 2020, waar Boksburg met die louere weggestap het.

“Ons is baie opgewonde oor die wedstryd. Dit gaan ook vir ons as proewe dien sodat ons die span se kombinasie kan regkry vir die liga,” het Rinus van der Linden, voorsitter van die klub, gesê.

Die klub nooi alle toeskouers om die dag saam ons te kom geniet by die klub. Alle Covid-regulasies geld.

Wedstrydtye
o-20 – 13:15
Tweedes – 14:45
Eerstes -16:00

Boksburg Rugbyklub oefen Dinsdae en Donderdae om 18:30 te PGP.

Vir meer inligting, kontak van der Linden by 082 331 2143.

Lees Ook: Boksburg Rugbyklub vier oorwinning teen Witbank

Lees Ook: Wegholsege vir Boksburg Rugbyklub

   

Related Articles

Back to top button