Local newsNews

Boksburg Broodblik dankbaar vir bydrae tot suksesvolle Kersete

Talle behoeftiges het gebaat by die ete.

Boksburg Broodblik/Boksburg Bread-Bin Feeding Project en Peace Haven for Kids wil graag sy waardering uitspreek teenoor almal wat bygedra het tot die sukses van die Kersete wat die organisasies op 18 December in Boksburg-Noord gehou het.

Ongeveer 65 behoeftige kinders en 26 volwassenes het die ete bygewoon en het worsbroodjies, koeldrank, lekkers en roomys geniet.

Volgens Cobus Uys, voorsitter van Boksburg Broodblik, en Monica Luies, Peace Haven for Kids voorsitter, sou die dag nie moontlik gewees het sonder die ondersteuning van borge nie.

“Ons is dankbaar vir Meat Mania Boksburg, Satellite Food Emporium and Bakery, Granor Passi, Past Theuns Kruger van Hoeksteen Gemeente, Amanda en Dirkie Pretorius en almal wat die dag spesiaal gemaak het vir die kinders,” het Uys gesê.

Boksburg Broodlik is ’n nie-winsgewende organisasie wat toegewyd is om soveel as moontlik mense in nood te voed op ’n weeklikse basis. Skenkings in die vorm van brood sal veral waardeer word.

Indien jy die organisasie op enige manier kan bystaan, kontak Uys by 062 029 9684.

Also Read: Helpende hand het die publiek se hulp nodig

Also Read: Organisations to work together to feed the needy

   

Related Articles

Back to top button