Local newsNews

AfriForum deel geskenke uit

AfriForum Boksburg gaan hierdie jaar 2 000 geskenke aan kinders in die gemeenskap uitdeel.

Kersfees het hierdie jaar vroeg gekom toe die plaaslike AfriForum op 6 Desember te midde van reën die strate van Boksburg ingevaar het om geskenkpakkies vir kinders uit te deel.

Lede van AfriForum en plaaslike sekuriteitsmaatskappye het in motors gery wat met Kersliggies versier is. Kersvader was agter op een van die bakkies en het die geskenke oorhandig.

Die geskenkpakkies het items soos skryfbehoeftes en lekkers bevat. Die organisasie het aan al die Covid-19 regulasies voldoen.

Volgens die plaaslike tak se skakelbeampte, Gerald O’Kelly, was die eerste aand van die projek ’n reuse sukses.

Lede van AfriForum Boksburg het geskenkpakkies aan kinders uitgedeel.

“Ons besef dat die laaste twee jaar rof was weens die pandemie en nie almal het geld vir geskenke nie. Dis waarom ons besluit het om vreugde en die gees van Kersfees te verspei. Dit is vir ons ’n seën om die glimlagte op die kinders se gesigte te sien as hul Kersvader bewaar,” het hy vertel.

O’Kelly het al die borge bedank wat bygedra het tot die sukses van die projek.

“Ek wil graag dankie sê aan die Boksburg-gemeenskap en elke borg en persoon wat die prokjek ondersteun het. Ons sou nie die projek sonder hulle hulp kon doen nie. Van ons borge is Debon Air Compressors, Legendary Guardians Exclusive Protection, Blue Elephant Valets, H2vape, X Factor Signs, Meat Net, Reysons Technology & Industrial Supply, Stimela Bakery, Smiley Sweets, O’Yeah Sweets en Dario Pro,” het hy bygevoeg.

Die plaaslike tak van die burgerregte-organisasie het al geskenke in Boksburg-Noord uitgedeel en by intansies soos Kuselo Child and Youth Care Services.

Lees Ook: AfriForum Boksburg participates in national mass patrol

Lees Ook: Afriforum Boksburg makes every drop count

   

Related Articles

Back to top button