Matriekafskeid 2021: Stuur ons jou matriekafskeidfoto’s
Matrikulante van Boksburg wat eersdaags hul matriekafskeidfunksies gaan bywoon, of reeds bygewoon het, en graag hul foto’s in die Advertiser wil sien kan dit stuur na boksburgadvertiser@caxton.co.za.
Juandré Potgieter van Sion Privaat Akademie (Freeway Bybel Kerk Gronde) en Tenesha Olivier van Hoërskool Die Anker het hul matriekafskeid geniet. Sion Privaat Akademie se funksie was gehou te Medley Huis Brakpan op 2 Oktober. Foto: Verskaf.
Die Advertiser het onlangs matrikulante genooi om hulle matriekafskeidfoto’s aan te stuur.
Hier is die matrikulante wat al gereageer het en ons gewys het hoe spoggerig hulle by hul matriekafskeid gelyk het:
Michelle Liebenberg en DJ van Wyk het Hoërskool Hans Moore se matriekafskeid bygewoon op 28 Oktober te Thabong Wedding and Conference Venue. Foto: Verskaf.
Wilmie van Deventer en Tiaan Greyling het op 25 Oktober Hoërskool Dr EG Jansen se matriekafskeid geniet by die Thabong Wedding and Conference Venue. Foto: Verskaf.