EntertainmentLifestyle

Wen kaartjies na Groep 2-huldeblyk

Groep 2 met Gert van Tonder en Sias Reinecke was legendaries in Suid-Afrika met treffers soos Die Oukralliedjie, Die Padda Wou Gaan Opsit en Daar Is Niks Soos Ware Liefde.

Drie lesers kan toegang wen tot ’n huldeblyk aan Groep 2 met Pieter Smith en Christo Snyman se aanlynvertoning op 10 Oktober om 17:00.

Om deel te neem aan Boksburg Advertiser en Lefra se kompetisie, kan jy die volgende na 43366 SMS: Wen Groep 2L [Boksburg Advertiser], dan jou naam en van en dan jou stad of dorp.
Dieselfde inligting kan ook per e-pos gestuur word aan wen@lefra.com met Lefra en Boksburg Advertiser Groep 2-kompetisie as onderwerp.

Wenners sal telefonies gekontak word en die beslissing van die redakteur is finaal. SMS’e kos R1.50 elk.

Groep 2 met Gert van Tonder en Sias Reinecke was legendaries in Suid-Afrika. Met hulle groot treffers soos Die Oukralliedjie, Die Padda Wou Gaan Opsit en Daar Is Niks Soos Ware Liefde, het Groep 2 alle rekords in die musiekbedryf laat spat.

Met hulle gewildheid in Suid-Afrika het hulle ook in 1968 liedjies by die EMI Ateljee in Londen opgeneem (waar die Beatles al hulle treffers opgeneem het).

Om kaartjies te bespreek vir die produksie, besoek www.itickets.co.za. Die Lefra Kelderkonserte word met die trotse ondersteuning van RSG, Sounds Good, Hollywood Costumes, Van Loveren Wyne, Britz Courier and Removals, Ambassador Execudrive, Q2V Productions en Stable Inn Konferensiesentrum aangebied.

Die Huldeblyk aan Groep 2 beloof ’n aand se nostalgiese vermaak, geskik vir die hele gesin, wat enersyds werk as vermaak, maar andersyds ook die nalatenskap van ons baanbrekers weer in fokus bring. 

Lees Ook: Wen Kaartjies na Lefra Produksies se Beautiful Noise met Alwyn Oberholster

Lees Ook:Lefra presents Two Generations Country in the comfort of your living room

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button