MotoringSport

Boksburg Rugbyklub verloor teen Witbank

Die Uile se afrigter het gesê dat beserings ook ‘n groot probleem vir die besoekers was.

Die Makopano Boksburg Rugbyklub het ‘n bietjie klei getrap in hul eerste wegwedstryd van die 2020/21 Makopano Covid Memorial Cup wat op 4 September in Witbank uitgespook is.

Boksburg het met 18-13 teen Witbank Rugbyklub verloor.

Die Uile (Boksburg) se hoofafrigter, Lukas van der Schyff, het na afloop van die wedstryd gesê: “Die wedstyd het eintlik okei gegaan en ons het nie sleg gespeel nie. Ons het Witbank heeltemal in die tweede helfte oorheers.

Die Uile se kaptein en losskakel, Henry Pike. Foto: Mammarazi Sport Photos

“Ons het twee geelkaarte gekry in die eerste helfde en dit het ons gekos. Ons moes vir 20 minute met 14 mans gespeel het.”

Die afrigter het verder gesê dat beserings ook ‘n groot probleem vir die besoekers was.

“Ses van die manne wat die vorige week teen Springs gespeel het, het beserings tydens die wedstryd opgedoen,” het hy bygevoeg.

Witbank Rugbyklub se Ruan van der Kolf (KWV speler van die wedstryd), Rinus van der Linden (Boksburg Rugbyklub voorsitter) en Frik Visagie (Witbank Rugbyklub voorsitter). Foto: Verskaf

Volgens die breier gaan die span nie nou in sak en as sit na die nederlaag nie.
“Ons sal hierdie week reg wees.”

Die Uile se kaptein, Henry Pike, het een drie en een strafskop vir die besoekers aangeteken.

Boksburg se span: 1 Travis Howell, 2 Takkie van Staden, 3 Bart le Roux, 4 Willem Botes, 5 Johan Meyer, 6 Danie Schultz, 7 Reinhardt Venter, 8 Deon Smit, 9 Johan Labuschagne, 10 Henry Pike (kaptein), 11 Peniel Maizela, 12 Damian Diedericks, 13 Keenen Oelofse, 14 Attie van der Nest, 15 Stefan van Zyl, 16 Henrico Thorpe, 17 Nkateko Lwazi Ngonyama, 18 Karabo Magubane, 19 Andre van Wyk, 20 Dahn Stevens, 21 Dylan Stevens, 22 Craig Hudson, 23 John Sullivan

Lees Ook: Boksburg seëvier teen ERU in Valke Peregrine-liga openingswedstryd

Lees Ook: Boksburg Rugbyklub op die wenpad

   

Related Articles

Back to top button