Local newsNews

Oos-Rand Sakevroue Junie vergadering een vir die boeke

Dit was oudergewoonte 'n spoggeleentheid.

Die Oos-Rand Sakevroue het op 9 Junie ’n opwindende vergadering te Summer Place gehou.

Oudergewoonte was dit ’n spoggeleentheid waar gaste mekaar beter kon leer ken en netwerk. Lief en leed is gedeel.

Gaste het die kos geniet, maar hierdie maand was daar ’n vyfgang-maaltyd in plaas van ’n driegang-maaltyd.

Een van die hoogtepunte van die funksie was toe Amanda Smith van PB Liquor Merchants die vroue ’n bietjie meer van wyn vertel het.

Cara Johnstone en Marinda Lombard het lekker saam gekuier.

Deur die loop van die funksie het gaste verskillende soorte wyn soos rosé en pinotage geproe.

Francette Bekker, ’n geregistreerde dieetkundige, het ook bygedra tot die sukses van die vergadering deur ’n insiggewende toespraak te lewer.

Bekker het aan die gaste wenke gegee en onder andere verduidelik dat ’n gesonde dieet, gereelde oefening en ’n goeie slaappatroon die ouderdomsproses kan vertraag. Sy het bygevoeg dat dit ook belangrik is om tyd te maak vir ontspan.

Alle Covid-19 maatreëls is gevolg tydens die geleentheid.

Die Oos-Rand Sakevroue is ’n nie-winsgewende organisasie wat al vir ongeveer 19 jaar bestaan.

Karen Herbst is die voorsitter van die klub. Ingrid Delport (ondervoorsitter), Tertia van Schalkwyk, Lorna Enslin en Antoinette du Toit is saam met Herbst deel van die komitee.

Ursula Marais, Betsie Schoeman, Jenny Venter en Susan Noppe het die oggend geniet.

Gewoonlik het die vroue een maal ’n maand vergader, maar weens die pandemie is daar hierdie jaar minder funksies gehou.

Die vroue sal in Augustus weer vergader en sal belanghebbendes op hoogte hou indien daar enige veranderinge is weens die pandemie.

Vir meer inligting oor die organisasie, kontak Karen by karen.herbst@sanlam4u.co.za

Lees Ook: Oos-Randse Sakevroue gereed vir 2021

Lees Ook: Oosrandse Sakevroue sluit jaar saam met Kevin Leo af

 

Related Articles

Back to top button