Local newsNews

Mosbolletjies woeker met breiwerk vir liefdadigheid

Die skenking van breiwerk is moontlik gemaak deur donasies van die gemeenskap.

Danksy die Mosbolletjie-groep en goedhartigheid van die gemeenskap gaan talle behoeftige mense hierdie winter snoesig wees met ’n gebreide item.

Vanjaar is daar gewoeker en 167 truie, 179 mussies, 70 pare slaapkouse, sewe komberse en 68 serpe is vir liefdadigheid gebrei.

Die groep, wat bestaan uit ongeveer 12 vrywilligers, het die breiwerk aan Dolly Potgieter, wie vrywillig welsynswerk doen, oorhandig om aan behoeftiges in die gemeenskap uit te deel.

Volgens die Mosbolletjies se voorsitter, Haidri Korff , is alles wat gebrei is moontlik gemaak deur skenkings vanuit die gemeenskap.

“Die pandemie het ons laat besef die nood groot is, en ons wil graag aanhou om mense te help,” het Korff bygevoeg.

Korff het die Witfield Park Aftree-Oord en almal bedank wat die Mosbolletjies ondersteun het.
Potgieter het haar dank aan die groep uitgespreek.

“Na al die jare is ons steeds dankbaar vir die skenking. Die kinders wag nou in spanning vir die gebreide items,” het Potgieter vertel.

Diegene wat ’n bydrae wil lewer tot die Mosbolletjie-groep op betrokke wil raak kan vir Alida Bekker (koördineerder) by 083 542 7272 skakel.

Also Read: Mosbolletjies skenk breiwerk vir liefdadigheid

Also Read: Winter Wool Drive ‘bearly’ off the ground but picking up speed

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button