NewsSchools

As die lewe rommel gee dan omskep die Wessies dit in uitrustings

Leerders van die spogskool moes uitrustings uit rommelmateriaal maak en foto’s instuur.

Laerskool Westwood se eerste Mnr en Mej Wessie Rommel-kompetisie het met groot sukses afgeloop.

Leerders van die spogskool moes uitrustings uit rommelmateriaal maak en foto’s instuur. Al die leerlinge in die skool kon dan vir hulle gunsteling uitrusting stem.

Daar was ook ‘n beoordelaar wat die wenners uitgewys het vir die mees kreatiewe uitrusting en mees fotogeniese foto.

Op 22 April het die leerlinge hulle uitrustings skool toe aangetrek waar die wenners in elke fase aangekondig was.

“Ons maats het hulle kreatiewe kant gewys en ons is beslis beïndruk en baie trots op elke Wessie wat deelgeneem het,” het Anelle Myburgh, hoof van bemarking, gesê.

Lees Ook: Laerskool Westwood kondig nuwe leiers aan

Lees Ook: Laerskool Westwood eager to get children back in the classroom

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button