NewsSchools

Goudrand groet twee jarelange personeellede

Laerskool Goudrand het onlangs afskeid geneem van twee jare lange personeellede, Braam Myburgh en Elias Mohlaka. Braam Myburgh Leef in die oomblik, want môre is nie gewaarborg nie. Só lui die leuse van die adjunkhoof Braam Myburgh wat na bykans 37 jaar in die onderwys besluit het om die tuig neer te lê. Myburgh het

Laerskool Goudrand het onlangs afskeid geneem van twee jare lange personeellede, Braam Myburgh en Elias Mohlaka.

Braam Myburgh

Leef in die oomblik, want môre is nie gewaarborg nie.

Só lui die leuse van die adjunkhoof Braam Myburgh wat na bykans 37 jaar in die onderwys besluit het om die tuig neer te lê.

Myburgh het in Boksburg-Noord grootgeword. Hy het skool gegaan aan die Laerskool JM Louw en gematrikuleer aan die Hoërskool Voortrekker. Na skool het hy onderwys gaan studeer aan die Goudstad Onderwys Kollege.

“Ek het my loopbaan in 1985 by Laerskool JM Louw afgeskop. In 1991 het ek bevordering gekry as departementshoof en in 1996 adjunkhoof by JM Louw. EK het ook in 1997 waargeneem as hoof.

“In 2003 het ek ‘n adjunkhoof-pos aanvaar by Laerskool Hennie Basson en ek het daar aangebly tot die skool ‘n paar jaar later saamgesmelt het met Laerskool JM Louw en Laerskool Goudrand geword het,” het hy vertel.

Die ervare onderwyser het wiskunde en wetenskap aangebied.

Hy is ook passievol oor sport en was die voorsitter van Boksburg Atletiek, Rugby Sentraal Valke en Boksburg Landloop. Verder was hy betrokke by Valke Rugby Laerskole en Cravenweke.

Myburgh het self op die sportveld uitgeblink. Hy het al op meer as een geleentheid die Comrades Marathon voltooi. Hy het ook haker gespeel vir Boksburg se eerste rugbyspan.

Hy vertel dat van die vele hoogtepunte in sy loopbaan veldtoere, visvangnaweke en sportaangeleenthede insluit.

Al is Myburgh hartseer om die skool te verlaat, is hy opgewonde oor die toekoms.

“Ek sien uit daarna om my lewenskennis te gaan verbreed.”

Mybrugh het die Here en almal bedank wat ‘n bydrae gelewer het tot sy suksesvolle loopbaan.
Wat is sy raad aan die jonger generasie onderwysers?

“Maak nie saak hoe swaar dit in jou lewe gaan nie, wees beter as jou omstandighede Moet ook nooit jou familie afskryf nie,” het hy vertel.

Myburgh beplan om sy aftrede saam met sy familie deur te bring en te reis. Hy is die trotse pa van Conrad en Drikus.

“Ek is ook besig om ‘n boek, Die lewe van ‘n Valke rugby supporter, te skryf. Die mede-redakteur is Neels van Schalkwyk,” het hy bygevoeg.

Elias Mohlake

Na ongeveer 42 jaar in die bedryf het Elias Mohlake besluit om sy merkwaardige loopbaan vaarwel te roep.

Mohlake het in Limpopo grootgeword en sy loopbaan in 1979 by Laerskool JM Louw begin as ‘n assistent werker.

Hy het aangebly toe JM Louw en Henniebasson saamgesmelt het en Laerskool Goudrand geword het.

Die algemene werker het deur die jare ‘n ysterhand op die skool se terrein gehad en het gesorg dat alles netjies is.

Na al die jare by Goudrand erken Mohlake dat hy nou die skool gaan mis.

“Dis hoekom ek steeds gereeld gaan kom kuier,” het hy gesê.

Vir Mohlake was dit ‘n hoogtepunt om sy kinders, Sibusiso en Peter, skool toe te stuur.

Sy raad aan die jonger generasie is om hard en deeglik te werk.

Mohlake beplan ‘n rustige aftrede saam met sy familie.

“Ek is ook besig om vir my ‘n dubbelverdiepinghuis in Vosloorus te bou.”

Lees Ook: Laerskool Baanbreker se hoof groet

Lees Ook: Goudrand verheug oor nuwe kleuterskool

   

Related Articles

Back to top button