Die kultuur leerders van Laerskool Baanbreker het op nasionale vlak presteer. In die foto: (agter) Gizelle Smith en Nivhé Smit. Middel: Abigail Meiring, Jenna Vorster, Keagan Smith en Caylin Stickling. Voor: Lea Vorster, Zanell Wepener en Chelsey Raath. Foto: Verskaf.
Laerskool Baanbreker se leerders het onlangs uitgeblink in redenaars- en kultuurkompetisies wat aanlyn plaasgevind het. Agtien leerders dring deur na die landswye finaal van radikale redenaars en verwerf daar ses tweede plekke, vyf derde plekke, sewe vierde plekke en vier vyfde plekke. By die landswye finaal van die interskole redenaars behaal hulle 10 eerste plekke, sewe tweede plekke en drie derde plekke.
Laerskool Baanbreker se kultuur leerders het op nasionale vlak uitstekend gevaar. Agter is Chloé Cornelissen, Cessandra Raath en Mieke Jutte. Middel: Abbey Meyer, Rouvé Janse van Rensburg en Conner Flusk. Voor: Linay Els, Imke Smit, Tenishke Greyvensteyn en Mieke Churchill. Foto: Verskaf.