Local newsNews

Pieter en Maria herdenk 50 wonderlike jare

Om mekaar te vertrou is die egpaar se respep vir 'n suksesvolle huwelik

Pieter (71) en Maria (68) Milligan van Beyers Park het op 30 Oktober hul 50ste huweliksherdenking in styl gevier.

Die paartjie het mekaar in 1969 in die omgewing van Benoni ontmoet en in 1970 voor die magistraat in Benoni getrou.

“Ek en Maria het besluit om nie ‘n groot troue te hê nie omdat ma in daardie tyd oorlede is. Ons het toe voor die magistraat getrou en na die tyd vriende en familie by ons huis onthaal,” het Pieter onthou.

Maria en Pieter het in 1972 Beyers Park toe getrek.

Pieter was al die jare ‘n ambagsman en Maria ‘n tuisteskepper.

Al voel dit soos gister, is dit nou 50 jaar later en spog hulle met drie kinders en vier kleinkinders.

“Maria is regtig ‘n goeie vrou en ma vir ons kinders. Daar was nooit enige sprake van skei nie,” het Pieter gesê.

Om mekaar te vertrou is hul respep vir ‘n suksesvolle huwelik.

Lees Ook Plaaslike paartjie vier 60 jaar van ’n gelukkige huwelik

Lees Ook: Atlasville couple celebrates 50th anniversary

   

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button