Local newsNewsSchools

Laerskool Concordia rou na oud-skoolhoof sterf

Christo was van 1998 hoof van Laerskool Concordia totdat hy na byna 21 jaar, in 2019, afgetree het

“Op hierdie oomblik sê ons vaarwel, maar nie totsiens nie.”

Só sê die hoof van Laerskool Concordia Charel Blignaut ná die geliefde oud-skoolhoof van Concordia, Christo Lodder, op 15 September oorlede is.

Christo het volgens inligting van sy huis in George se dak af geval en is op pad na die hospitaal oorlede. Die skool kan in hierdie stadium geen verdere inligting beskikbaar stel nie.

Christo was van 1998 hoof van Laerskool Concordia totdat hy na byna 21 jaar, in 2019, afgetree het.

“Dit is met groot hartseer dat ons hierdie opname moet maak om ons vriend, hoof en kollega te groet.

“Ons wil graag aan sy geliefdes sê dat die gemeenskap julle in hul gebede dra en ons glo God sal elke dag met julle wees en jul deur hierdie moeilike tyd dra.
“Hiermee wil ons vir meneer dankie sê vir elke tree, ding wat meneer gedoen het. Meneer sal nooit vergeet word nie,” het Blignaut gesê.

Nadia Janse van Rensburg, die voorsitter van Concordia se beheerliggaam, het aan die Advertiser vertel dat Christo Lodder ‘n uitstekende skoolhoof was.

“Meneer Lodder het vir sy leerders geleef en hulle was baie lief vir hom. Hy was naweke langs die sportveld en het onder andere rugby, krieket en atletiek afgerig. Hy was geliefd as jy kyk na al die medelye wat op sosiale media instroom.
“Ons innige simpatie aan sy familie,” het sy vertel

Een van Christo se oud-leerlinge, Bianca Mooi, het aan die Advertiser verduidelik dat die hoof nie net in haar lewe ‘n verskil gemaak het nie, maar in baie ander kinders se lewens ‘n vingerafdruk gelos.

Nog ‘n oud-skoollier, Bianca Willemsen, het vertel dat sy onthou hoe hy Lodder nog (terwyl hy hoof was) mooi boodskappies in hul boeke geskryf het.

“Hy het baie gedoen vir die gemeenskap en sy kinders by Concordia het altyd eerste gekom.

“Hy het my as oud Corrie-leerling omskep in die persoon wie ek vandag is. Alle Concordia leerlinge het ‘n legende en ‘n held verloor. Ons gaan meneer Lodder verskriklik mis en ons harte gaan uit aan al sy familielede. Ons as Corries werk saam en ons staan sterk in hierdie hartseer tyd,” het sy gesê.

Volgens die skool se adjunkhoof, Martinus Claassen, word Lodder deur sy vrou en seun oorleef.
Hy voeg by dat reëlings rondom ‘n gedenkdiens nog onseker is weens Covid-19 regulasies.

Lees Ook: Onderwyseres van EG Jansen verloor stryd

Lees Ook: Matrikulant van Oosterlig verloor stryd teen lupus

 

Related Articles

Back to top button