‘n Tekort aan bloed is ‘n realiteit.Laerskool Concordia het juis daarom die inisiatief geneem om vanaf 1 tot 4 September op die skoolgronde bloed in te samel vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD).
Die skool is te Rietfonteinweg 99 geleë.
Om bloed te kan skenk moet jy:
- Tussen die ouderdom van 16 tot 75 wees.
- Jy moet 50kg of meer weeg.
- Jou gesondheid moet in ‘n goeie toestand wees.
- Jou tattoes moet ouer as drie maande wees.
- Jy moet ‘n gesonde leefstyl hê.
- Jou bloed moet geskik wees vir oortapping aan ‘n ander pasiënt.
- Jy moet toegewyd wees om gereeld bloed te skenk.
Concordia het in 2019 hulle eie Suid-Afrikaanse rekord van die meeste bloed wat binne 12 ure geskenk word vanaf 258 eenhede na 516 eenhede verdubbel.
LEES OOK:
VIDEO: Concordia samel 101 eenhede bloed in
LEES OOK:
Laerskool Concordia breek hulle eie rekord van die meeste eenhede bloed geskenk