EntertainmentLifestyle

Geniet Pieter Smith in die gemak van jou eie sitkamer

Die vertoning gaan ook 'n akoestiese afdeling hê om gestand te doen aan die intimiteit van die konserte

Aanhangers kan daarna uitsien om hom op 9 Augustus om 5nm aanlyn te sien in Van Haas Das tot Stukkie van der Merwe, een van Lefra Produksies se Kelderkonserte.

In Van Haas Das tot Stukkie van der Merwe neem Pieter ons op ‘n nostalgiese reis deur sy loopbaan. Ons almal ken die TV-kenwysies soos Haas Das se Nuuskas, Trompie en die Boksombende, Heidi en vele meer wat deur Pieter nuwe lewe ingeblaas word. Ons gaan ook van sy groot treffers hoor soos Op Die Eerste Een en Stukkie Van Der Merwe.

Pieter beloof dat die vertoning ook ‘n akoestiese afdeling gaan hê om gestand te doen aan die intimiteit van die konserte.

“Die Lefra Kelderkonserte is werklik ?n besondere projek om dit vir ons kunstenaars moontlik te maak om steeds konsert te kan hou,” sê Pieter. “Ons bring nou die konsert na jou sitkamer toe. Dit bly natuurlik moeilik om op te tree as jy nie ‘n gehoor het nie, maar ons weet ons het nou ‘n groter gehoor hier in Suid-Afrika sowel as in die buiteland!”

Pieter versoek ook dat Suid-Afrikaners vir hulle mense in die buiteland laat weet om na die Lefra Kelderkonserte te kyk.

“Hierdie is werklik unieke konserte en mense gaan dit werklik baie geniet!”

Die volledige lys van konserte lyk so:9 Augustus: Van Haas Das tot Stukkie van der Merwe (met Pieter Smith),16 Augustus: Helene Bester sing Nana Mouskouri, 23 Augustus: Gè Sing: Hoor My Lied, 30 Augustus: Huldeblyk aan Groep 2 (met Pieter Smith en Christo Snyman), September: Twee Generasies Country (met Billy Forrest en Jason Bradley, 13 September: Groet die Grotman 2 (met Wynand van Vollenstee), 20 September: Amper Oud (“stand-up” met Hanner Brümmer), 27 September: Kickin’ Country (met Jason Bradley), 4 Oktober: Liewe Heksie.

LEES OOK: 

#Kelderkonserte: Kuier Sondag saam met Alwyn Oberholster se Golden Oldies

LEES OOK: 

LALT se Louw ondergaan ‘n radikale transformasie

Related Articles

Back to top button