Local newsNews

Laerskool Westwood tydelik gesluit weens ‘n positiewe Covid-19 geval

Die leerder het matige simptome en self-isoleer by die huis

Laerskool Westwood het op 20 Julie bevestig dat die skool se hekke tydelik gesluit was nadat ‘n leerder positief getoets het vir Covid-19. Die skool was 17 Julie en 20 Julie gesluit.

Luidens ‘n verklaring, was die leerder reeds tuis toe die resultate bekend geword het en daar was geen hoë risiko kontak tussen leerders of personeel nie.

Die leerder self-isoleer tans by die huis en het net matige simptome.

LEES OOK: 

Verskeie skole tydelik gesluit weens Covid-19

“Die skool het na aanleiding van die riglyne wat ons ontvang het van Departemente Gesondheid en Onderwys die skool onmiddelik gesluit.

“Die skool is 18 Julie reeds diep skoongemaak en weer ontsmet. Westwood se bestuur en personeel doen steeds alles, soos in die skool se Covid-19 protokol voorgeskryf is, om die skoolterrein, personeel en leerders so veilig moontlik te hou,” volgens die verklaring. “Ons as skool dink aan die leerder en hul gesin en bid vir ‘n spoedige herstel.”

Westwood het al die ouers bedank wat die skool bystaan en ondersteun in hierdie vreemde tyd.

Die skool het 21 Julie heropen.

LEES OOK: 

Boksburg gereed vir heropening van skole

 

Related Articles

Back to top button