Local newsNews

Helpende Hand Boksburg ontvang welkome donasie

Die organisasie se doelwit is om die kringloop van armoede te verbreek deur kinders opleiding te bied sodat hulle selfsorgende volwassenes met ’n roeping in die lewe kan wees.

Verkenners van die Susan Badenhorst Voortrekker Kommando het onalngs noodsaaklikhede aan Solidariteit Helpende Hand Boksburg geskenk om die organisasie te help om ’n verskil in die gemeenskap te maak.

Die verkenner Chanteze Marais het bokse vol donasies in die vorm van klere, speelgoed, skoene, beddegoed en gordyne by kommandolede ingesamel vir die plaaslike takke van Helpende Hand as deel van haar Hou ’n Kindjie Warm-gemeenskapsprojek.

Volgens Gerhard Marais, kommandoleier, moet verkenners jaarliks ’n gemeenskapsprojek aanpak.

“Dié kommando is ’n dinamiese jeugbeweging wat die norme van goeie Afrikanerskap, goeie burgerskap en Christenskap uitleef. Ons gee geleentheid vir spangees, kultuur deur avontuur in die natuur, karakter bou en lekker pret,” verduidelik Gerhard.

“Ons kom elke Maandagmiddag te NG Kerk in Lowtherstraat bymekaar. Alle kinders en jong volwassenes word uitgenooi om dit by te woon. Ons bied ook uitstekende geleenthede vir werkende volwassenes en ouers om in die gemeenskap betrokke te raak.”

Solidariteit Helpende Hand is ’n nie-winsgewende organisasie wat veral betrokke is by behoeftige skole, ouetehuise, individuele gesinne en wit plakkerskampe.

Alida Reed kan op 082 228 3552 geskakel word vir meer besonderhede oor Helpende Hand.

Related Articles

Back to top button