NewsSchools

Plaaslike danser presteer in die 2019 World Freestyle Dance Championships

Jaqueline het dit ook tot in die kwarteindronde in die stadige danskategorie deurgedring.

Die veelsydig Premier Champ van Hoëskool Dr EG Jansen, Jaqueline Cronje (18), het onlangs onder die top 10 in die 2019 World Freestyle Dance Championships by die Winter Gardens in Blackpool geëindig.

Sy het teen ongeveer 80 van die beste dansers in die wêreld meegeding om die prestasie te behaal.

Sy moes aan verskeie kwalifiserende kompetisies deelneem om aan die gesogte kompetisie in Blackpool deel te neem.

“Ek het in die kompetisie gaan deelneem om meer ondervinding in die vrystyl wêreld te kry. Ek het dit glad nie verwag om onder die top 10 te eindig nie. Die deelnemers is uitstekende dansers en die standaard is baie hoog,” vertel Jaqueline.

“Al het ek my familie gemis, was my tyd in Blackpool ongelooflik. Ek sal die ervaring vir niks verruil nie. Ek het verskriklik baie geleer en ek het nuwe vriende gemaak.”

Sy blink ook uit in ander dansstyle soos ‘contemporary’, ‘jazz’ en ‘hip-hop’ en wil graag nog style bemeester.

Disco is haar gunsteling dansstyl aangesien mens sterk, fiks en soepel moet wees om dit beoefen.

Jaqueline kompeteer een keer ’n maand by die South Africa Dance Teachers Association (SADTA).

Sy het bygevoeg dat sy opkyk na Tonia van Vuuren van Centre Stage Dance Studio.

“Sy is nie net ’n dans onderwyser nie. Sy is my rolmodel en sy is soos ’n tweede ma vir my,” voeg Jaqueline by.

Jaqueline se droom het waar geword toe sy die geleentheid gekry het om volgende jaar ’n choreograf en dans onderwyser te wees by Centre Stage Dance Studio.

Sy wil graag in die jaar 2020 haar diploma by SADTA voltooi en beplan om haar passie vir dans aan ander oor te dra.

Related Articles

Back to top button