NewsSchools

Witty Wendy presteer by Word Dance-finaal

Wanneer jy haar vra wie en wat Witty Wendy is, sal sy vir jou sê dat dans en netbal haar lewe is.

Wendy-Lee du Plessis (11) van Laerskool Concordia het onlangs by die World Dance-finaal in Croatia ’n derde plek vir jazz en ’n vierde plek vir haar open section slowdance losgeslaan.

Sy het Suid-Afrika tussen 21 lande verteenwoordig, met 7 000 dansers van regoor die wêreld wat deelgeneem het.

Wendy het in September 2018 by die World Dance Star-uitdunrondes gekwalifiseer om Suid-Afrika te verteenwoordig.

Wendy-Lee, of soos sy bekend is in die dans wêreld, Witty Wendy, kwalifiseer in die volgende dansstyle:

  • Slowdance: sy kwalifiseer derde in die A-liga by die Johannesburg audisies.
  • Disco: Sy is ’n World Trial Circuit-kampioen en het ook gekwalifiseer om haar land te verteenwoordig by die World Disco-kampioenskappe hierdie jaar in die Tseggiese Republiek.
  • Hip-hop
  • Jazz
  • Kontemporêr
  • Dit is ook vir haar ’n groot prestasie om vir kontemporêre te kwalifiseer, aangesien sy hierdie styl nog nie lank beoefen nie.

Sy word deur die volgende persone, studios en gyms opgelei:

  • Marike Nel: Elite Beat Dance Academy (slowdance en disco)
  • Rulene Jordaan: Dance Away (kontemporêr en jazz)
  • Jonty Stander (hip-hop)
  • Armand Koekemoer – Gymfinity

Sy oefen vyf keer ’n week by haar verskillende afrigters en slaag steeds daarin om haar skool verpligtinge na te kom.

 FOLLOW US:

Instagram

Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Benoni City TimesSprings AdvertiserBrakpan Herald, African Reporter and Kathorus Mail

Related Articles

Back to top button