NewsSchools

Goudrand ondersteun Pantoffeldag

Dié dag is ’n inisiatief wat help om fondse in te samel vir die Reach For A Dream-projek, met dapperheid as die jaar se tema.

Leerders van Laerskool Goudrand het onlangs met hul pantoffels by die skool gespog ter ondersteuning van Pantoffeldag wat op 10 Mei plaasgevind het.

Om deel te kon wees van dié dag moes die leerders ’n polsbandjie teen R10 koop en kon dan met hul gunsteling pantoffels skool toe gaan.

Na skool kon hul ook ’n draai met hul polsbandjie en pantoffels by Wimpy gemaak het, waar hul ’n gratis koffie (of warm sjokolade vir kinders onder 12) kon geniet het.

Die doel van die veldtog is om broodnodige fondse vir kinders in te samel.

Die veldtog bring hoop en vreugde aan baie Suid-Afrikaanse kinders en hul gesinne. Die veldtog skep magiese oomblike om kinders kans te gee om weer kind te wees ondanks ’n lewensbedreigende siekte.

FOLLOW US:

Instagram

Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Benoni City TimesSprings AdvertiserBrakpan Herald, African Reporter and Kathorus Mail

Related Articles

Back to top button