Local newsNews

Witfield Park Aftree-Oord vier Moedersdag

Die sanger Dave Nieuwenhuys het ook ’n groot bydrae tot die sukses van die aand gelewer. Hy het die gaste vermaak met mooi en rustige musiek en het ook tussendeur grappies met die gaste gemaak.

Witfield Park Aftree-Oord het onlangs ’n Moedersdagontbyt ter ere van al die ma’s by die sentrum gehou.

Hierdie dag het vir inwoners en hul families die geleentheid gebied om Moedersdag te vier en om tyd saam met mekaar deur te bring.

Die Witfield Park lyndansers het die litte losgemaak en die oggend met ’n paar danspassies afgeskop.

Inwoners het na die vertoning aan die heerlike kos wat deur Freedem Catering verskaf is, gesmul.

Die oord wil graag vir Oaklaan Apteek bedank vir die geskenkpakkies wat hul na die ontbyt aan al die gaste uitgedeel het.

“Ons verskaf gewoonlik die inwoners se medikasie. Hierdie inwoners is baie na aan ons harte en ons het gevoel dat hulle dit verdien om ’n bietjie bederf te word. Dit was vir ons ’n voorreg om deel van die geleentheid te kon wees,” vertel Dean van Zyl en Mari Benecke van Oaklaan Apteek.

“Ons is altyd bly om te sien dat daar moeite vir die inwoners gedoen word en dat hulle hulself kan geniet.”

FOLLOW US:

Instagram

Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Benoni City TimesSprings AdvertiserBrakpan Herald, African Reporter and Kathorus Mail

Related Articles

Back to top button