NewsSchools

Redenaars praat sake uit by Laerskool Baanbreker

’n Totaal van 320 leerlinge het die geleentheid gehad om hul vernuf met die gesproke woord ten toon te stel.

Laerskool Baanbreker het die afgelope maand die ATKV se eerste uitdunronde vir laerskole in Oos-Gauteng aangebied.

Dertig skole het vanaf gedurende April aan hierdie gesogte kompetisie deelgeneem waar almal ’n beurt gekry het om die woorde te laat vloei.

“Oos-Gauteng het van die land se sterkste sprekers en dit is werklik iets om op trots te wees,” vertel Sanet Meiring, streeksorganiseerder van die ATKV Oos-Gauteng.

Baanbreker het gesorg dat daar ’n ontspanne atmosfeer heers in ’n heerlike teetuin waar deelnemers en hul trotse ouers aan eetgoed kon smul en hul dorstige kele blus.

Die tema van die uitdunronde was “Redenaars is mos Voorbladnuus!”.

Twee beskermpoppe uit koerantpapier het mooi aangesluit by die tema van die redenaarsaanbieding asook by die 117-jaar oue bestaan van die skool.

Sestig van hierdie deelnemers het hul weg na die semi-finale oop gepraat. Laerskool Baanbreker het weer eens koning gekraai, waar sewe van hul 18 deelnemers deurdring.

Dit is die tweede agtereenvolgede jaar wat Baanbreker die meeste kinders het wat na die semi-finale toe deurdring.

Tom Hoffmann, hoof van Laerskool Baanbreker, ondersteun die kultuur heelhartig en glo dat dit van kardinale belang is dat ’n gesonde leefstyl gehandhaaf moet word tussen kultuur, akademie en sport.

FOLLOW US:

Instagram

Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Benoni City TimesSprings AdvertiserBrakpan Herald, African Reporter and Kathorus Mail

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button