NewsSchools

Oosterlig kraai koning by Netstar-hokkietoernooi

Na die vakansie gaan die span in die NWU PUK Prestige reeks meeding. Hulle is reeds hard aan die werk om die skool se naam hoog te hou in die hoërskole liga wat in Mei begin.

Hoërskool Oosterlig het baie goed gevaar by die Netstar Hokkietoernooi wat gedurende die vakansie in Pretoria plaasgevind het.

Soveel as 44 hoërskole het van reg oor die land hulle stokke bymekaar gebring om aan hierdie toernooi deel te neem. Dit sluit Garsfontein en Ermelo in, wat in verlede jaar se Noordvaal-kompetisie bewys het dat hulle gesogte mededingers en twee van die top hokkieskole is.

Die toernooi is by Hoërskole Garsfontein, Waterkloof, Hatfield en Christian College gehou.

Gesoute hokkiespesialiste het soggens klinieke aangebied om vaardighede in hierdie toernooi te verbeter.

Die hokkie bokkies wat Oosterlig in die Netstar Hokkietoernooi verteenwoordig het.

Die nuut aangeleerde vaardighede het die spelpeil verhoog. Dit het die kompetisies wat in die middae en aande gespeel is, straf gemaak.

Die uitslae is soos volg:

Oosterlig vs Tyger Valley College 3- 0; Oosterlig vs Hoërskool Ermelo 2-1; Oosterlig vs Curro Castle Nelspruit 4-0; Oosterlig vs Grantleigh School 3-1

Oosterlig dring deur na die uitspeelwedstryde. In die finaal het hulle hul vernuf gewys, maar het met 2-1 verloor teen ’n goed afgeronde span van Ermelo.

Dione Brits, kaptein en belowende speler van Oosterlig se eerstespan, het ’n besondere prestasie behaal toe sy verkies is tot die Netstar All Star span.

FOLLOW US:

Instagram

Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Benoni City TimesSprings AdvertiserBrakpan Herald, African Reporter and Kathorus Mail

 

 

Related Articles

Back to top button