NewsSchools

Video: Boksburg sterre blink uit by Con Spirito

Die prestige aand is spesiaal gemaak met kerse, trofees, ’n saal vol mense en die leerlinge netjies uitgevat in hul skooldrag.

Con Spirito fokus op kultuur met geesdrif en na ’n suksesvolle jaar van kunswedstryd, is die prestige aand op 10 Oktober by Hoërskool Oosterlig gehou.

Die prestige program is in drie sessies opgedeel waar die beste van die beste presteerders van voorskool tot matriek aangewys is.

Daar is verskei items ook gedurende die program gelewer en dit is duidelik dat talent in oormaat is. Die itemwenners, afdelingwenners, asook top presteerders van Con Spirito is aangewys. Almal wat bygedra het tot die suskes van Con Spirito is ook bedank.

“Dit is ons sewentiende prysuitdeling,” sê Lizelle van Staden, organiseerder.

“In 2018 het ons omtrent 8 000 inksrywings gehad en 1 500 groot groep inskrywings. Ons het ook vanjaar met die Forte rondte, wat uit 1 800 items bestaan het, begin. Dit was die beste van die beste, die wenners daaruit, wat so 400 leerlinge is, is vandag hier by die Prestige funksie aangewys.”

Con Spirito het van Oos-Gauteng na Wes-Gauteng en Mpumalanga uitgebrei.

Verskeie skole, soos Oosterlig, Hoërskool Dr EG Jansen, Afrikaanse Hoërskool Germiston, Hoërskool Ermelo, Hoërskool Linden, Helpmekaar Kollege, Leeuwenhof Akademie, Hoërskool John Vorster, Hoërskool Hugenote en Ligbron Akademie vir Tegnologie was teernwoordig.

LEES OOK:

Laerskool Baanbreker kraai koning by Revue 2018

Follow us:

Twitter

Instagram

Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Benoni City Times, Springs Advertiser, Brakpan Herald, African Reporter and Kathorus Mail.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button