NewsSchools

Hoërskool Oosterlig wys hul gee om vir die gemeenskap

Een vol sak kan ’n gemiddelde gesin vir ongeveer twee weke onderhou.

Hoërskool Oosterlig het besluit om vanaf 27 tot 31 Augustus kragte saam te span en ’n verskil in die gemeenskap te maak.

Oosterlig hou elke kwartaal ’n omgeeweek, en in die derde kwartaal was die omgeeweek gewei aan insameling van basiese nie-bederfbare produkte.

Die hele skool het ingespring en elke registerklas is uitgedaag om ’n groot inkopiesak met nie-bederfbare voedsel in te samel.

Die projek was ’n reuse sukses, ongeveer 1 872 items is deur die leerders ingesamel om sodoende 78 sakke te vul.

Hierdie sakke vol omgee is aan behoeftige gesinne in Boksburg gegee.

LEES OOK:

Oosterlig se matriekafskeid op die kassie 

Follow us:

Twitter

Instagram

Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Benoni City Times, Springs Advertiser, Brakpan Herald, African Reporter and Kathorus Mail.

Related Articles

Back to top button