NewsSchools

Video: Laerskool Westwood se heeerlike 80ste-verjaarsdagtee

Die jong ster, Luane-Anel van Staden (11) van Laerskool Westwood het die verhoog vir Sonja geopen en weer eens bewys dat talent in Boksburg volop is.

Laerskool Westwood vier hierdie jaar die skool se 80ste verjaarsdag. Deel van hierdie vieringe was die jaarlikse damestee.

Die tema van hierdie jaar was ‘lig’ en op 25 Augustus het ligte behoorlik by Summer Place in Bartlett geskyn.

Omtrent 400 vroue het om pragtige gedekte tafels aangesit en ’n oggend van bederf, lekker kos, samesyn en vermaak geniet. Daar was ’n geskenkpakkie vir elke gas met ’n hele paar bederfies in.

Elke gas het ook ’n geskenkbewys gekry by Mike’s Kitchen Westwood. Daar was looitjies te koop met sommer baie pryse om weg te gee.

Die gaste het heerlike ontbyt van croissants tot spek en eiers ontvang en natuurlik heerlike melktert ook.

Die Suid-Afrikaanse sanglegende Sonja Herholdt het haar program, Die Hartklop van ’n Pêrelvrou, opgevoer, waar sy die vroue herinner het om te glimlag en na hulself te kyk.

“Die geheim van die lewe lê daarin om geestelik te groei,” sê Sonja.

“As vroue het ons mense om ons nodig. Elke vrou is uniek en verdien liefde.”

Volgens Sonja het vrouens ’n innerlike sterkte om die moeilike dinge te oorkom.

Sonja het van haar treffers soos Jantjie gesing terwyl die gehoor heerlik saamgesing het.

Die pragtige Sonja het die gaste laat asemhaal, laat lag, laat hande klap en vir mekaar komplimente laat gee.

Laerskool Westwood se damestee was beslis ’n spoggeleentheid om te onthou.

Follow us:

Twitter

Instagram

Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Benoni City Times, Springs Advertiser, Brakpan Herald, African Reporter and Kathorus Mail.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button