Local newsNews

Plaaslike ATKV-gesinstak hou jaarvergadering

ATKV is die kultuurvereniging wat hom beywer vir die bevordering van die Afrikaanse kultuur

Die Afrikaanse Taal en Kultuur Vereniging (ATKV) Gesinstak Boksburg hou op 6 Februarie om 7nm hul algemene jaarvergadering.

Alle belangstellende ATKV-lede en voornemende lede word genooi om die belangrike vergadering by te woon.

Tydens hierdie vergadering word verslag gedoen omtrent die tak se werksaamhede oor die afgelope jaar, afgevaardigdes verkies om die tak by die breë ATKV jaarvergadering, wat gedurende Julie 2018 te ATKV Klein Kariba gehou word, te teenwoordig en besprekingspunte te formuleer vir hierdie vergadering.

Die ATKV is die kultuurvereniging wat hom beywer vir die bevordering van die Afrikaanse taal en kultuur.

Dit beskik oor sewe goed toegeruste vakansieoorde waar lede aangename gesinsvakansies teen afslagtariewe kan geniet.

Lede ontvang ook kwartaalliks die vereniging se glanstydskrif, Die Taalgenoot, gratis sowel as een gratis boek van hulle keuse per jaar van Lapa Uitgewers, die ATKV se boekhandelaar in Pretoria.

Die ATKV bied ook huweliksverrykingskursusse, trein en bustoere en talle kompetisies, soos toneel, koor, redenaars en vele meer aan.

Na die afloop van die vergadering in Boksburg volgende maand kan gesellig saam verkeer en verversings geniet word.

Die vergadering vind plaas in die saal van die NG-kerk Boksburg Wes, in Rietfonteinweg. Die ingang tot veilige parkering in die kerkgronde is in Bass Straat.

Vir verdere inlighting skakel Dawie van der Merwe by 011 826 2716 of 082 488 3791.

Related Articles

Back to top button