Local newsNews

Huis Dien Bothma geniet ‘n lekker fondsinsamelingstee

'n Fondsinsamelingprojek ten bate van Huis Dien Bothma is onlangs by Strelitizia Dienssentrum gehou en sowat 160 dames het die oggend saam geniet - en 'n opmerklike R10 000 ingesamel!

Die koue weer is sommer vinning vergeet toe inspirerende spreker, Janetta Kannenberg, ook bekend as Saphira, haar digkuns op die verhoog begin deel het.

Saphira het net so een persent sig aangesien sy Retinitus Pigmentosa (RP) het maar laat nie haar gestremdheid haar onder kry nie.

Sue Wilson (links) en Beulah de Bruyn by die damestee wat ten bate van Huis Dien Bothma gehou is.Gaste het geskatter van die lag en was ook met baie om oor te dink huis toe na die talentvolle digter ‘n vertoning vol energie en humor gelewer het.

Saphira deel graag haar eie ervaringe uit die lewe met ander en sy deel ook graag dit wat sy daaruit kon leer.

Sammie Masters (left) en Jenny van Vuuren.

Haar gedigte is reeds geruime tyd in klein digbundeltjies beskikbaar. Sy noem haar gedigte Husse met lang gedagtes.

Organiseerder van die fondsinsamelingstee, Makkie van der Merwe het gesê die tee was deel van ‘n poging om R100 000 in te samel om Huis Dien Bothma se verswakte sorgeenheid op te gradeer.

Saphira op die verhoog.

“Besighede is ook aangemoedig om aan ons “adopt a bed”-projek deel te neem, wat ‘n eenmalige bedrag van R3 000 kos. Dit sal ook vir die opgradering van die eenheid gebruik word.”

Daar is ook verskeie ander maniere waarop mense betrokke kan raak. Vir meer inligting, skakel vir Makkie op 082 487 0672 of e-pos makkievdm@vodamail.co.za.

Antoinette van Rooyen (links) en Elna Hattingh.

Die damestee, met die tema “anything goes with a hat”, was ‘n groot sukses en Makkie bedank almal wie die geleentheid bygewoon en ondersteun het.

Party gelukkige gaste het met wonderlike pryse weggestap.

Related Articles

Back to top button