NewsSchools

Redenaars vorder goed by Corries

Die Laerskool Concordia het hul eerste uitdunne van die jaar vir die Afrikaanse Redenaars op Woensdag, 15 Maart, gehou.

Graad Een tot Sewe leerlinge neem deel aan die redenaars.

Die temas is deur die ATKV vasgestel en sommige van vanjaar se temas sluit in Goggas, Reënboog, Blink, Blou, Musiek, Klei, Klik, Spieël en Krap.

Daar het 11 Graad Een leerlinge deelgeneem, 16 Graad Twee leerlinge, 25 Graad Drie leerlinge, 19 Graad Vier leerlinge, 30 Graad Vyf leerlinge, 15 Graad Ses leerlinge en 22 Graad Sewe leerlinge.

Daar word slegs tussen ses en nege leerlinge per graad gekies vir die finale Afrikaanse redenaars, wat in die derde kwartaal plaasvind.

“Ons glo redenaars bevorder die leerlinge se redenasie vermoë,” het die skoolhoof, Christo Lodder, gesê.

“Dus vereis die redenaarsdeelname ’n oorredende en beredeneerde toespraak. Die hoofdoel is nie die oordra van kennis aan die gehoor nie, maar om die gehoor tot die standpunt wat die spreker stel te beïnvloed en te oorreed, volgens die ATKV webblad standaarde.

“Ons redenaars standaard by die Laerskool Concordia was nog altyd van die hoogste graad en ons het al talle leerlinge gehad wat aan die ATKV redenaars landwyd deelgeneem het en goeie plekke behaal het.”

Related Articles

Back to top button