Local newsNews

Geloftediens in NG Kerk Moedergemeente vanjaar gehou

Reeds etlike dekades is dit die gebruik in Boksburg om op 16 Desember ’n Geloftediens te hou, wat belangstellende lidmate van al die kerke in en om Boksburg welkom is om by te woon.

So kry die leraars van die verskillende Afrikaanse kerke om die beurt die geleentheid om die jaarlikse Geloftediens waar te neem.

Volgens Davie van der Merwe, is goeie samewerking in hierdie verband nog altyd verkry en die ondersteuning van hierdie geleenthede deur die verskillende kerke se lidmate is verblydend en die opkoms besonders goed.

“In die vroeë 1960s is daar met die aanbieding van die Geloftedienste afgeskop deur dit vroegoggend om 5vm te Prince George Park se sportterrein aan te bied,” het Van der Merwe vertel.

Vanaf 2001, toe die terrein nie meer vir hierdie doel beskikbaar was nie, is die verrigtinge in die skoolsaal van Hoërskool Dr EG Jansen voortgesit.

Vanaf 2004 word die Geloftediens jaarliks by die geskiedkundige NG Kerk Moedergemeente (Klipkerk) in Voortrekkerstraat aangebied.

Vanjaar word die Geloftediens om 9vm by dié kerk gehou, gelei deur pastoor Quintin van Buren Schele van die AGS Gemeente, Witfield.

Sy preektema is, ‘Wat is jou Gelofte?’.

Daar gaan vooraf hartlik saamgesing word uit liedere wat in ’n gratis program ingebind is.

’n Kollekte sal na afloop van die erediens opgeneem word vir die Klipkerk Bewaringsfonds.

’n Donasie vir motorwagte sal ook welkom wees.

“Kom laat ons uitvoering gee aan die Gelofte wat deur ons voorouers afgelê is, en sê aan ons kinders dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte,” het hy gesê.

Vir meer besonderhede skakel Van der Merwe by 011 826 2716 of 082 488 3791.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button