NewsSchools

’n Vreugdevolle afsluiting vir graad sewes

Die graad sewe leerling van die Laerskool Concordia het op 27 November hul jaarafsluiting by die skool gehou.

Dié oggend is ’n diens gehou ter viering van die afsluiting van hul loopbaan by die laerskool.

Past Morné Kruger het ’n mooi, roerende boodskap aan die leerlinge oorgedra, met die tema ”Groei altyd in die Here”.

Die Laerskool Concordia wens sy graad sewe leerlinge baie sterkte toe in hul laasste eksamen vir die jaar, asook seëninge op hulle skool loopbaan verder.

Die Laerskool Concordia se graad sewe leerlinge in die saal vir die afsluitingsdiens, gelei deur past Morné Kruger.
Die Laerskool Concordia se graad sewe leerlinge in die saal vir die afsluitingsdiens, gelei deur past Morné Kruger.

Skoolhoof Christo Lodder het ‘n nuwe tradisie ingestel – die gooi van pette in die lug – wat die vreugde van die leerlinge se graduering van laerskool op ’n hoë noot afsluit. Dié sal voortaan elke jaar plaasvind.

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button