NewsSchool sportSchoolsSport

Jansen pak Garsies in Beeldtrofee-finaal

EG Jansen speel die naweek (Saterdag, 27 Augustus), om 12.40nm, in die Beeldtrofee-finaal teen Hoërskool Garsfontein op die opposisie se velde, Berepark.

Dit is nadat Hoërskool Dr EG Jansen se eerste rugbyspan gesorg het vir ’n opwindende Beeldtrofee-halfeindstryd teen Hoërskool Waterkloof en het sy teenstanders met 34–31 getroef.

Dié naelbyt wedstryd het onlangs op die Klofies se gronde plaasgevind.

Drieë is gedruk deur Franco van Eeden (twee), Franklin Wagner, Quinton Badger, Ruben Beytel en Werner Fourie.

Die Garsies se eerste rugbyspan is die verdedigende Beeldtrofee kampioene.

Die ander Dr EG Jansen rugbyspanne het soos volg presteer:

O-15 A-span wen 29–18 teen Hoërskool Waterkloof.

O-14 A-span verloor 23–26 teen Hoërskool Menlopark.

Die o-15 A-span kom dieselfde dag, ongeveer 10.10vm, te staan teen Hoërskool Menlopark, op Berepark.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button