NewsSchools

Pret vir almal by Corrie Comrades

Die Laerskool Concordia hou elke jaar ’n Corrie Comrades vir hulle leerlinge.

Vanjaar se wedloop het op Vrydag, 3 Junie, plaasgevind.

Die dag behels dat al die leerlinge in klasverband aan ’n wedloop om die skoolgronde deelneem.

Die graad vier tot ses leerlinge maak gereed om weg te spring.
Die graad vier tot ses leerlinge maak gereed om weg te spring.

Die graad een tot graad drie leerlinge hardloop of stap 3km, die graad vier tot graad ses leerlinge hardloop of stap 5km en die graad sewe leerlinge hardloop of stap 6km.

Dit is ’n pretdag wat almal terdeë geniet.

Die leerlinge het ook volgens ’n tema aangetrek, in klasverband.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button