Local newsNews

Slaan groot pryse los in gedigtekompetisie

Die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans (GHA) bied hierdie jaar sy 12de gedigtekompetisie aan.

Die kompetisie is tweeledig – ’n afdeling vir graad sewe tot 12 leerlinge en ’n ope-afdeling.

Verlede jaar was die drie wenners in die skole-afdeling Franselize Rossouw, Anna-Mart Schutte en Shannon Pretorius, wat pryse van onderskeidelik R1 500, R1 200 en R1 000 ontvang het.

Daar was ook tweede-, derde en aansporingspryse vir skoolkinders.

Die wenner en naaswenner in die ope-afdeling (met pryse van R3 000 en R2 000) was Frik Steenberg en Dirk Myburgh.

Die kompetisie maak elke jaar voorsiening vir verskeie aktuele temas.

Hierdie jaar sluit dit onder andere in ”Huisgenoot100”, aangesien dié tydskrif vanjaar 100 jaar oud is, en ”Verwoerd50”, aangesien HF Verwoerd 50 jaar gelede vermoor is.

Die kompetisie sluit op 30 Junie en die bekendmaking van die wenners en die oorhandiging van die pryse sal in September en November geskied.

Die beste gedigte wat aan die beoordelaars se standaarde voldoen sal in twee bloemlesings gepubliseer word.

Inskrywingsvorms is op die GHA se webwerf beskikbaar (www.afrikaans.org.za) en moet saam met die gedigte verkieslik op die webwerf gepos word (of andersins per e-pos na gha@afrikaans.org.za gestuur word).

Kontak die GHA vir meer inligting by 081 250 5060.

Related Articles

Back to top button