NewsSchools

EG Jansen leerling word ‘n Sportmax-ambassadeur

Anton Potgieter, ’n graad nege-leerling aan die Hoërskool Dr EG Jansen, is aangewys as Sportsmax se ambassadeur.

As nege-jarige het hy sy eerste rugbytoer onderneem; op die ouderdom van 13 het hy aan die Nasionale Cravenweek deelgeneem, en vandag is hy ‘n ambassadeur.

Sportsmax het landwyd gesoek na 50 ambassadeurs van 50 skole. Die proses het verlede jaar begin en al die inskrywings het einde November gesluit.

Die kriteria was dat kandidate ’n sportman by hul skool moet wees, bereid moet wees om ’n opkikkertoets te doen, en met foto’s moet motiveer waarom Sportsmax hulle moet kies.

As ’n ambassadeur ontvang Anton gratis aanvullings vir ’n jaar en ’n gratis kleding geskenkbewys van Mr Price Sport.

Anton het nooit toegang tot ’n gimnasium gehad nie, maar tog met deursettingsvermoë en harde werk sy liggaam by die huis fiks gekry deur te gaan draf en pushups, pullups en situps te doen.

Hy neem deel aan atletiek, speel rugby (een van sy foto’s is verlede jaar op Lions World se Facebook blad geplaas), en was in 2015 een van min 14-jariges wat die skool se o-15 sewes span gehaal het.

Anton het met atletiek verskeie medaljes verower en by die onlangse SA Atletiekkampioenskappe, in Bloemfontein, vir die Gautengspan ’n silwer medalje in aflos ingepalm.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button