NewsSchools

Oosies matrieks blink uit met 101 onderskeiding, skool behaal 99.29 slaagsyfer

Dit was weereens vir Hoërskool Oosterlig ’n uitstekende jaar wat betref die klas van 2015.

Die skool spog met ’n 99.29 persent slaagsyfer en 101 onderskeidings. Honderd-en-veertig uit 141 matrikulante het die matriek eindeksamen geslaag.

’n Universiteitstoelating van 67.14 persent is behaal – ’n toename van 14 persent in vergelyking met 2014 se 53 persent.

Die toppresteerders is:

Sewe onderskeidings
Johan Gouws: Afrikaans, Engels, wiskunde, lewensoriëntering, fisiese wetenskappe, geografie en rekeningkunde.
Rainere Cilliers: Afrikaans, Engels, wiskunde, lewensoriëntering, fisiese wetenskappe, lewenswetenskappe en ingenieursgrafika en ontwerp.
Nikita Topper: Afrikaans, Engels, wiskunde, lewensoriëntering, lewenswetenskappe, ingenieursgrafika en ontwerp en geskiedenis.

Ses onderskeidings
Antonise de Wet: Afrikaans, Engels, wiskunde geletterdheid, lewensoriëntering, besigheidstudies en geskiedenis.

Vyf onderskeidings
Marné Jansen van Vuuren: Afrikaans, Engels, lewensoriëntering, lewenswetenskappe en besigheidstudies.
Cemé Spies: Afrikaans, Engels, lewensoriëntering, besigheidstudies en toerisme.

Vier onderskeidings
Zander Janse van Rensburg: Wiskunde, lewensorëntering, fisiese wetenskappe en siviele tegnologie.
Nicole Noppe: Engels, lewensoriëntering, rekeningkunde en besigheidstudies.

Related Articles

Back to top button