NewsSchools

Jansies maak skoonskip by Natuurwetenskap Olimpiade

Vyf-en-vyftig graad agt en nege leerders van Hoërskool Dr EG Jansen het aan die nasionale Natuurwetenskap Olimpiade deelgeneem.

Dié leerlinge het die skool se naam hoog gehou deur sewe goue medaljes, 12 silwer- en 19 brons medaljes te verwerf.

Met 38 medaljes in hul sak het Jansen ook die tweede algehele nasionale plek behaal.

Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir die Bevordering van Wetenskap en Tegnologie (SAASTA) bied jaarliks die olimpiade aan.

Die tien Hoërskool Dr EG Jansen leerders wie die beste in die olimpiade gevaar het is: Jancke Wessels, Wiehan van Pletzen, Dominique Steyn, Jean-Marie Potgieter, Jason Barnard, Ewalt Kriek, Reon Jordaan, Christi-Lee Zevenbergen, Simeon Oosthuizen en Claudia Janse van Rensburg.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button