NewsSchool sportSchoolsSport

Twee Oosies verwerf SA kleure in Judo

Gedurende die April-vakansie het twee Hoërskool Oosterlig leerlinge aan ’n judo-kompetisie en opleidingskamp in Skotland deelgeneem.

Kayla Kruger (graad agt) en Shandra Roodt (graad nege), is in Februarie vir die Suid-Arikaanse Judospan gekies, om in April aan die Sportif Internasionale Judo-kompetisie en kamp deel te neem.

Hulle het Saterdag, 4 April, in Edinburgh, Skotland, aan die internasionale kompetisie deelgeneem, waar deelnemers van verskeie Europese lande, sowel as van Noord-Amerika, teenwoordig was.

’n Opleidingskamp is gehou, waar judokas vir drie dae deur Olimpiese medalje-wenners opgelei is.

Die twee judokas gaan ook, in Junie, in Leipzig, Duitsland, saam met ’n span van Gauteng Judo, aan ‘n kompetisie deelneem.

Related Articles

Back to top button