Local newsNews

Help 22-jarige met slegs 10 persent sig

Brandon Barnard (22) het slegs 10 persent sig en benodig die publiek se hulp om mediese behandeling te ontvang.

Sy pa is ongeveer agt maande gelede oorlede en na bewering is geen geld nagelaat nie.

“Sedert Brandon se geboorte kon ek nie werk nie, omrede hy die oog probleem het,” het sy ma, Sanet Barnard, gesê.

Sanet moes Brandon dwarsdeur sy skoolloopbaan leer en help.

Die dokters en spesialiste het sy ouers destyds meegedeel dat hy nie in ’n gewone, hoofstroom skool sou presteer nie, maar hy het in 2011 wel gematrikuleer, aan die Hoërskool Transvalia, in Vanderbijlpark.

“Ek het by die huis gebly en verkies om nie te werk nie, sodat ek hom kon leer,” het Sanet vertel.

”Ek het al sy skoolwerk vergroot, sodat hy kon slaag.

“Ek het selfs navorsing gedoen en op ’n webtuiste afgekom waar ek vir Brandon hulp kon kry.

“Ek het ‘n dokter in Instanbul gebel en hy het bevestig dat sy sig met ten minste 50 persent kan verbeter.”

Dit is egter as sy vir Brandon in Instanbul kan kry, vir die 20 behandelings.

“Die probleem is dat ek nie die fondse het nie,” het sy gesê.

”Ek sal dit baie waardeer as iemand my dalk kan help met borge, sodat Brandon vir die behandelings kan gaan en sy lewe verbeter deur na homself te kan omsien in die toekoms.”

Om hulp aan te bied of vir enige navrae, kontak vir Sanet by 082 936 1032.

 

Related Articles

Back to top button