NewsSchool sportSchoolsSport
EG Jansen atlete mik hoog by Interskole Atletiekbyeenkoms
Die Hoërskool Dr EG Jansen se ster-atlete het op 3 Maart groot naam gemaak tydens die NWU PUK 16 Interskole Atletiekbyeenkoms, by die Royal Bafokeng Stadion.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/25/2015/03/10-ba-sch-atletiek_646201894.jpg)
Chinique Joubert was een van die sterre by die byeenkoms.
Sy het goud verwerf met hoogspring in die meisies o-15 kategorie (B-liga) en ’n hoogte van 1.55m gespring.
![Jacques Vosloo het ’n afstand van 50.14m gegooi met spiesgooi. (Foto: ProNutro)](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/25/2015/03/10-ba-sch-atletiek_634829523-520x390.jpg)
Jacques Vosloo het ‘n derde plek behaal met spiesgooi in die seuns o-19 kategorie (B-liga).
Hy het ’n afstand van 50.14m gegooi
Atlete van top skole in die Noord-Kaap, Noord-Wes en Gauteng provinsies het aan hierdie gesogte byeenkoms deelgeneem.
![Jacques Vosloo het ’n brons medalje verwerf met spiesgooi. (Foto:ProNutro)](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/25/2015/03/10-ba-sch-atletiek_641589018-520x390.jpg)