NewsSchool sportSchoolsSport

Oosterlig blink uit in atletiekbyeenkomste

Hoërskool Oosterlig het reeds vanjaar uitstekend gevaar in atletiekbyeenkomste.

Oosterlig het op 13 Februarie die Interhoër te Nigel Stadion gewen.

Die seuns- en dogterspanne het as wenners uit die stryd getree terwyl die skool ook die geesbeker gewen het.

Deelnemende skole was Hoërskool Delmas, Hoërskool John Vorster, Hoërskool Stoffberg, Leeuwenhof en Oosterlig.

Oosterlig het die atletiek met 101 punte gewen. Op die dag het die skool 40 goue, 52 silwer en 42 brons medaljes verower.

Chanzé Gorris het ‘n nuwe rekord in die 3000m en Quéan van Zyl in hoogspring behaal.

Die o-19 afloswenners! Hulle is Calvin Fisher, Tiaan Balt, Brandon Prince en JP Flemming.
Die o-19 afloswenners! Hulle is Calvin Fisher, Tiaan Balt, Brandon Prince en JP Flemming.

Die beste veldatleet (seuns) was Rijnhard Groenewald en die beste baanatleet (seuns) was Kyle Kleinhans.

* Oosterlig het ook die Alberton Prestigebyeenkoms van 10 Februarie gewen.

Die tellings was: Oosterlig 1 694, Alberton 1 482, Dinamika 1 182 en Alberton High 969.

Hierdie tellings is behaal sonder die aflosse se punte. Die aflosspanne het vyf uit die 10 resies gewen.

Elizca Marais - Wenner Driesprong Interhoër 13 Feb 2015 (Medium)
Elizca Marais het die driesprong by die Interhoër gewen.

 

Related Articles

Back to top button