Local newsNewsUpdate

Vuurtonnel rekord amptelik goedgekeur deur Guinness

Guinness World Record het bevestig dat twee waaghalse, Andre de Kock en Enrico Schoeman, amptelik hul vorige rekord van 103.09 meter verbeter het toe hulle suksesvol deur ’n 120.40m vuurtonnel by die Rhino Rally in Parys, op 5 September, gejaag het.

Alle vereistes is voldoen om die nuwe rekord op te stel.

Hierdie nuwe rekord is reeds op die Guinnes World Record se webtuiste opgeteken: “Longest motorcycle ride through a tunnel of fire (120.40 meter)”.

Andre de Kock, Lance James, Enrico Schoeman, Barbara Ray, Jody Wayne en Clive Bruce (voor) by die dankie-sê funksie op 5 November.
Andre de Kock, Lance James, Enrico Schoeman, Barbara Ray, Jody Wayne en Clive Bruce (voor) by die dankie-sê funksie op 5 November.

As ’n blyk van waardering is ’n funksie gehou vir al die betrokkenes wat bygedra het tot die sukses van die nuwe Guinness World Record inskrywing.

’n Paar bekende Country sangers, onder andere Lance James, Barbara Ray, Jody Wayne, en Clive Bruce het die geselligheid bygewoon.

– @IschkeBokburg

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button