NewsSchools

Tweeling ruil Suid-Afrika vir Duitland vir volle maand

Graad 10 tweeling sussies van Leeuwenhof Akademie Hoërskool is deur die FSA (Friends of South Africa) Youth Exchange Programme as uitruilstudente na Duitsland gekies.

Claudine en Nadine Jordaan gaan hierdie opwindende avontuur vanaf 10 Desember tot 11 Januarie aandurf.

Die doel van dié uitruilprogram is om die persoonlike ontwikkeling van die jong deelnemer te bevorder, en om sekere kundige jong deelnemers met goeie kommunikasie-vaardighede na Duitsland te stuur om Suid-Afrika te verteenwoordig deur middel van aanbiedings by skole en gemeenskappe.

Die tweeling het ’n kans gekry om aansoek te doen en verskeie opdragte ontvang om te voltooi, asook toetse afgelê waarna daar ’n keuringsproses plaasgevind het.

Volgens die dogters se ma, Corné Jordaan, het Claudine en Nadine in die FSA-keuringsproses Provinsiaal en Nasionaal onder die Top 10 geeïndig.

Nadine Jordaan.
Nadine Jordaan.

Op Provinsiale vlak het Nadine eerste plek en Claudine tweede plek behaal; Nasionaal is Nadine vierde en Claudine vyfde.

Claudine en Nadine gaan onderskeidelik vir ’n volle maand by hul gasgesinne in Obernburg en Bitburg woon.

“Hulle is albei baie, baie opgewonde, want dis hul eerste keer dat hulle oorsee gaan. Hulle sien uit om die Duitse skole by te woon, asook die kultuur daar te beleef,” sê Jordaan.

– @IschkeBoksburg

Die tweeling sussies is gekies as uitruilstudente na Duitsland.
Die tweeling sussies is gekies as uitruilstudente na Duitsland.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button